Vakansieprogram: haal in en kom voor
Baie kinders het hierdie jaar gesukkel met Wiskunde, Wetenskap, EBW en die tale. Ons vakansieprogram maak die gate toe – sonder om die vakansie te bederf.
Sowat 30 minute per dag: een Herstelkamp-dag vir Wiskunde en een of twee kort Leesavontuur-stories.
Kies jou program
Eenmalige betaling – geen intekening nie. Na betaling meld jy aan met dieselfde e-posadres en maak dit oop onder My oefenblokke.
Leesavontuur
- 28 kort stories van sowat 10 minute elk
- Biologie (4), EBW (6), Natuurwetenskappe (6), Afrikaans (6) en Engels (6)
- Tik op kernwoorde vir die definisie; woordkaarte om te hersien
- Vasvra van 10 punte ná elke storie
Albei saam
- Leesavontuur + Herstelkamp Wiskunde
- Een betaling, alles oop in een rekening
- Die volle 30-minute-per-dag-roetine
- Perfek om reg te wees vir Graad 9
Herstelkamp Wiskunde
- 15 dae – een nuwe dag sluit elke dag oop
- Dag 1: kort diagnostiese toets wat die gate wys
- Elke dag: storie, uitgewerkte voorbeeld en somme met wenke
- Dag 15: eindtoets wat die verbetering wys
Hoe lyk die drie weke?
'n Voorstel – jou kind kan in sy eie tempo werk. Die Herstelkamp sluit een dag op 'n slag oop; die stories is almal dadelik oop.
| Week | 🧮 Herstelkamp (±20 min) | 📚 Leesavontuur (±10 min) |
|---|---|---|
| Week 1 | Dag 1: diagnostiese toets · heelgetalle · eksponente · breuke · desimale & persentasies | Biologie en EBW |
| Week 2 | Verhouding & finansies · patrone · algebra · vergelykings · hoeke met redes | Natuurwetenskappe en Afrikaans |
| Week 3 | Pythagoras · oppervlakte · volume · data & waarskynlikheid · Dag 15: eindtoets | Engels en herhaling van die moeilikste stories |
Vrae van ouers
Hoe kry my kind toegang na betaling?
Meld aan met die e-posadres waarmee jy betaal het (jy kry 'n kode per e-pos – geen wagwoord nodig nie). Die program verskyn dan onder My oefenblokke.
Werk dit op 'n foon?
Ja – op enige foon, tablet of rekenaar. Gebruik elke dag dieselfde toestel, want die vordering word op die toestel gestoor.
In watter taal is die program?
Die program is in Afrikaans. Die Engels-stories (Eerste Addisionele Taal) is in Engels.
Volg dit die skool se werk?
Ja, dit volg die CAPS-kurrikulum vir Graad 8. Dit is vir oefening en hersiening – Click-it is nie verantwoordelik vir toets- of eksamenuitslae nie. Lees die vrywaring.