Vrywaring

Net vir oefen en self toets

Click-it-oefenblokke is hulpmiddels om te oefen en jouself te toets. Dit ondersteun skoolwerk, onderrig en leer – dit vervang dit nie.

Ons eie somme

Alle somme, vrae, uitgewerkte voorbeelde, opsommings en merkreëls is deur Click-it self geskryf. Dit volg die CAPS-kurrikulum en die formaat van skooltoetse en -eksamens, maar is nie uit enige skool se toetse, eksamens of memo's geneem nie. Click-it is nie aan enige skool of aan die Departement van Basiese Onderwys verbonde nie.

Leerders moet steeds leer

Elke skool stel sy eie afbakening, toetse en eksamens op. Ons opsommings help, maar leerders moet dit saam met hul skool se notas en afbakening gebruik en vir elke toets en eksamen leer. 'n Oefenblok dek nie alles wat 'n skool kan vra nie.

Toets- en eksamenuitslae

Click-it kan geen punte of uitslae waarborg nie. Click-it is nie verantwoordelik vir 'n leerder se toets- of eksamenuitslae nie.

'n Fout raakgesien?

Ons werk hard om elke som en antwoord korrek te kry. As jy 'n fout opmerk, stuur asseblief 'n e-pos na hello@click-it.shop, dan maak ons dit reg.